DEELNEMERSREGLEMENT

Alle navrae, klagtes of versoeke om uitslae van Trekkings kan telefonies,
skriftelik of oor die Internet aan die Die Nasionale Lotery gerig word:
 Noodlyn vir Kleinhandelaars 0800 40 30 40 Tolvry
 Privaatsak X72 Auckland Park, 2006
 Webtuiste [http://www.national-lottery.co.za]
KONTAKBESONDERHEDE VIR DIE NASIONALE LOTERY
KANTORE VAN DIE NASIONALE LOTERY
 Hoofkantoor
16e Vloer
SABC Radio Park
Henley-weg
Auckland Park
Johannesburg
 Louville Plein
Vredestraat
Bellville
Kaapstad
1 e Vloer, Westelike Vleuel
First Technology House
Armstronglaan 72
La Lucia
Durban
 20 Malcomess Park
St George's-weg
Oos-Londen
 1e Vloer, Blok E
Crownwood Kantoorpark
Noordelike Parkryweg 100
Ormonde
Johannesburg
 The Pinnacle 4
Parkinstraat 1
Nelspruit
 Grondvloer
Blok B
Liberty Life Plein
Glynnstraat
Hatfield
Pretoria
 Grondvloer
ABSA Gebou
Maitlandstraat 94
Bloemfontein

Beste Kleinhandelaar
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Lotery is ontwerp om 'n groot nasionale
instelling te wees. Geen ander nasionale tydverdryf bring so baie mense van
dwarsoor die land op 'n gereelde basis saam nie.
Toe Uthingo die lisensie bekom het om die Nasionale Lotery te bedryf, het
ons onderneem om die hoogste moontlike vlak van diens aan ons Spelers te
lewer. Hierdie reglement, goedgekeur deur die Nasionale Raad op Loterye,
bied 'n uiteensetting van die dienste wat u as spelers kan verwag om te
geniet - die dienste waartoe ons by Uthingo onsself verbind.
Hierdie dokument word minstens jaarliks hersien. Daarbenewens, word ons
prestasies gereeld aan die hand van die reglement gevalueer en waar
moontlik verbeter. Dit is ons doel om hierdie een van die veiligste, mees
doeltreffende en gewildste loterye in die Wreld te maak.
Ek hoop u geniet u deelname aan die Nasionale Lotery
Humphrey Khoza
Hoof Uitvoerende Beampte
Uthingo Management (Edms.)Bpk.

INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING .................................................................................................... 14
2. HIERDIE REGLEMENT................................................................................. 14
3. DEFINISIES VAN WOORDE ......................................................................... 15
4. BESKIKBAARHEID VAN KAARTJIES........................................................... 18
5. KANSELLASIE VAN KAARTJIES .................................................................. 19
6. GROEPSPEL (SINDIKATE) ........................................................................... 19
7. UITSLAE VAN TREKKINGS EN HOE OM TE WEN ................................... 10
8. VEILIGHEID VAN KAARTJIES EN INSKRYWINGSVOORWAARDES ........ 10
9. OPEIS VAN PRYSE......................................................................................... 12
10. BETALINGSPERIODE ................................................................................... 14
11. UITBETALINGSLOKALE , WAARDE EN GRENSE ..................................... 15
12. EISPERIODE .................................................................................................. 16
13. BETWISTE EISE............................................................................................. 16
14. ONOPGEISTE VOORAFINSKRYWINGS ................................................... 17
15. STANDAARDE EN DIENSTE VAN KLEINHANDELAARS .......................... 18
16. TELEFONIESE NAVRAE ............................................................................... 19
17. NAVRAE PER POS EN/OF E-POS ................................................................ 20
18. VERTROULIKHEID VAN WENNERS ........................................................... 21
19. DIENSTE AAN WENNERS VAN GROOT PRYSE ........................................ 22
20. KLAGTEPROSEDURE ................................................................................... 23
21. PERSONE ONDER 18 EN ANDER VERBODE SPELERS ............................ 24
22. BERADINGSDIENSTE................................................................................... 24

Die Nasionale Lotery word deur Uthingo Management (Edms.) Bpk. Bedryf
ingevolge 'n sewe-jaar lisensie van die Minister van Handel en Nywerheid.
Uthingo se werksaamhede word namens die Minister deur die Nasionale
Raad op Loterye gereguleer. Hul statutre pligte is om toe te sien dat die
Nasionale Lotery veilig en billik bedryf word, dat die belange van elke Speler
beskerm word, en met dien verstande dat hierdie doelwitte bereik kan word,
om te verseker dat soveel geld moontlik ingesamel word vir die goeie sake
wat in die Wet op Loterye 1997 vermeld word.
Die geld wat deur die Nasionale Lotery ingesamel word, word via die
Nasionale Lotery Distribusietrust versprei ten gunste van die onderstaande
goeie sake:-Heropbou
en Ontwikkeling
Welsynsfondse
Sport en Ontspanning
Nasionale Histories, Natuurlike, Kulturele en
Argitektoniese Erfenisse
Ander areas soos goedgekeur deur die
Minister van Handel en Nywerheid
Liggame wat hierdie areas verteenwoordig oorweeg en keur self relevante
befondsingsaansoeke goed. Uthingo is geensins betrokke by die verspreiding
van die fondse wat deur die Nasionale Lotery ingesamel is nie.
Die Nasionale Lotery bied Spelers 'n verskeidenheid Spele, die rels waarvan
beskikbaar is vir bestudering by alle deelnemende Kleinhandelaars en
kantore van die Nasionale Lotery. U kan ook 'n eie afskrif bekom deur aan
die Nasionale Lotery te skryf, of deur die Speler Thusong te skakel. Hierdie
dokumente is beskikbaar in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Sotho.
1.0 INLEIDING
2.0 HIERDIE REGLEMENT
Hierdie Deelnemersreglement is 'n uiteensetting van die dienste wat daar
van Uthingo verwag word om aan sy Spelers te bied. Die Nasionale Raad op
Loterye het die Reglement goedgekeur en sal dit aanwend om Uthingo se
prestasies te evalueer.

In hierdie Reglement, beteken bepaalde woorde die volgende:
Wet Die Wet op Loterye, 1997.
Bemarkingsreglement Die Reglement met betrekking tot Bemarking
en Openbare Betrekkinge soos goedgekeur
deur die Nasionale Raad op Loterye.
Gemagtigde
Prysbetalingsentrum Plek waar pryse vanaf R 2001 tot
R50 000 betaal kan word.
Bord of Spelbord 'n Rooster getalle van 1 tot 49 wat ses of meer
keer op 'n Koepon verskyn en wat Spelers
gebruik om hul getalle te kies.
Trekking 'n Proses waardeur 'n stel wengetalle op
ewekansige wyse geselekteer word.
Koepon 'n Kaart met 'n voorafbepaalde uitleg en
formaat wat deur Uthingo verskaf word en
waarop die getalle verskyn waaruit 'n Speler
sy getalkeuse kan maak. Enige Koepon mag
meer as een Spelbord bevat en is gratis
beskikbaar by enige Kleinhandelaarsaak. Die
Bedryfslisensie vir die Suid-Afrikaanse
Nasionale Lotery verwys na 'n Koepon as 'n
Betaalstrokie.
Spel Enige lotingspel wat deur Uthingo bedryf en
gepromoveer word as deel van die Nasionale
Lotery.
Spelrels Die Rels waarvolgens deelname in enige Spel
gereguleer word, soos opgestel deur Uthingo
en deur die Nasionale Raad op Loterye
goedgekeur.
3.0 DEFINISIES VAN WOORDE


3.0 DEFINISIES VAN WOORDE (vervolg)
Boerpot Die hoofprys wat gewen word wanneer al die
getalle wat deur 'n Speler in 'n Aanlynspel
ooreenstem met die getalle wat tydens die
Trekking geselekteer is. Die prys word gedeel
wanneer verskeie Spelers dieselfde getalle
geselekteer het.
Lisensie Die lisensie wat deur die Nasionale Raad op
Loterye aan Uthingo toegeken is om die
Nasionale Lotery te bedryf.
Identifikasiedokumente Dokumente wat vereis mag word om 'n prys
op te eis: Suid-Afrikaanse Identiteits-dokument
of 'n Paspoort.
Nasionale Raad
op Loterye Die liggaam wat deur die Minister van Handel
en Nywerheid in die lewe geroep is om die
Nasionale Lotery te reguleer.
Nasionale Lotery Die Nasionale Lotery soos gedefinieer in die
Wet en wat uit verskillende samestellende
Lotingspele bestaan.
Nasionale Lotery
Distribusietrust (NLDT) Die fondse wat ingevolge die Wet in die lewe
geroep is vir die ontvangs van die gelde wat
deur die Nasionale Lotery ingesamel word vir
verspreiding onder Goeie Sake soos in die Wet
gespesifiseer.
Aanlyn Enige spel wat van 'n gerekenariseerde
terminaal gebruik maak om getalkeuses te
registreer en om pryseise te verifieer.
Speler Enige lid van die publiek van die ouderdom
18 jaar en ouer wat 'n loterykaartjie koop.

Deelnemende Publiek Lede van die publiek wat in aanmerking kom
om loterykaartjies te koop.
Speler Thusong Die telefoondiens van die Nasionale Lotery wat
Spelers se navrae behartig. Hierdie diens is
beskikbaar op 0800 40 30 40 - Tolvry.
Kleinhandelaar 'n Persoon, firma of maatskappy wat skriftelik
deur Uthingo gemagtig is om kaartjies vir die
Nasionale Lotery te verkoop en/of om pryse
uit te betaal ten gunste van geldige wen-kaartjies.
Kleinhandelaarsaak 'n Perseel van 'n Kleinhandelaar waar die
Kleinhandelaar deur Uthingo gemagtig is om
kaartjie te verkoop. Dit sluit in onafhanklike
kleinhandelaars, kettingwinkels, vulstasies,
gemagtigde kiosks, Poskantore en ander klein-handelaarsake
soos deur kennisgewings
aangedui.
Oorrol 'n Oorrol kom voor wanneer die die Boerpot-pryspoel
nie gewen word nie en by die Boerpot-pryspoel
vir die daaropvolgende Trekking
gevoeg word.
Super Trekking 'n Trekking waar die Boerpotpryspoel vir 'n
minimumbedrag gewaarborg word, of waar 'n
vaste addisionele bedrag tot die poel bygevoeg
word.
Kaartjie 'n Kaartjie is die fisiese bewys dat 'n Speler 'n
wenopsie in een van die Nasionale Lotery se
Spele gekoop het en wat as kwitansie dien vir
die uitbetaling van enige pryse. Spelers moet
'n geldige kaartjie voorl wanneer pryse
opgeis word.
3.0 DEFINISIES VAN WOORDE (vervolg)

4.0 BESKIKBAARHEID VAN KAARTJIES
Kaartjies is tydens gewone besigheidsure beskikbaar by Kleinhandelaarsake.
Ongeag ligging, kan Aanlynkaartjies nie tussen die onderstaande tye gekoop
word nie:
 van 2300 tot 0600 Maandae tot Vrydae
 van 1945 Saterdae tot 0600 Sondae
 van 1800 Sondae tot 0600 Maandae, of
 enige ander tye soos aan die Spelers bekendgemaak deur
kennisgewings in Kleinhandelaarsake.
Spelers kan slegs by Kleinhandelaarsake, wat duidelik deur kennisgewings
en reklame gedentifiseer sal kan word, of deur die Posinskrywingstelsel,
kaartjies koop. Inligting oor die Posinskrywingstelsel kan op versoek van
die Nasionale Lotery deur die Deelnemende Publiek bekom word.
Uthingo gee opdrag aan alle Kleinhandelaars om te verseker dat elke
Kleinhandelaarsaak 'n kennisgewing vertoon van die Spele wat daar
aangebied word en gaan van tyd tot tyd na of hierdie opdrag uitgevoer
word of nie. Daar word ook aan Kleinhandelaars opdrag gegee om nie
kaartjies aan die volgende persone te verkoop nie:
- enige persoon van wie dit aan die Kleinhandelaar bekend is, of
van wie die Kleinhandelaar dit tot 'n redelike mate vermoed,
dat die persoon verslaaf is aan buitensporige deelname aan die
lotery;
- enige persoon van wie die Kleinhandelaar dit vermoed dat die
persoon onder die ouderdom van 18 is en wat nie voldoende
bewys van sy ouderdom deur identifikasiedokumente kan lewer
nie;
Buiten vir die Posinskrywingstelsel kan kaartjies nie telefonies, per faks,
per e-pos, oor die Internet, per selfoon of op enige soortgelyke wyse gekoop
word nie.

5.0 KANSELLASIE VAN KAARTJIES
Spelers kan 'n Aanlynkaartjie kanselleer en ten volle daarvoor uitbetaal word
indien:
- die kaartjie binne 2 uur na die aankoop daarvan (en voordat die
Kleinhandelaarsaak sy deure sluit) by die betrokke
loteryterminaal terugebesorg word. Op die dag van 'n Trekking,
moet die kaartjie terugbesorg word voor die
Trekkingsonderbreking (wat minder as 2 ure sedert die aankoop
mag wees).
- die "ongeldig"-blokkie op die kaartjie VOLLEDIG ingevul word
voordat dit aan die Kleinhandelaar oorhandig word vir
kansellasie.
Om veiligheidsredes mag 'n kaartjie onder geen omstandighede
gekanselleer word na die verstryking van hierdie kansellasieperiode nie.
6.0 GROEPSPEL (SINDIKATE)
Uthingo moedig vriendegroepe, families of werkskollegas aan om as 'n
sindikaat deel te neem aan die Spele van die Nasionale Lotery.
Die organiseer van kommersile sindikate wat poog om groot pryse te
waarborg deur groot getalle kaartjies op te koop, en waarin die organiseerder
die deelnemers 'n bykomende fooi vra - afgesien van die koste van die
kaartjies, is egter onwettig ingevolge die Wet op Loterye.
Uthingo sal stappe neem namens die Nasionale Raad op Loterye teen
persone wat verdink word van die organisering van kommersile sindikate.

7.0 UITSLAE VAN TREKKINGS EN HOE OM TE WEN
In die Spelrels en die "Hoe om te Speel"-pamflette word breedvoerig beskryf
hoe u kan uitvind of u 'n prys in die Nasionale Lotery gewen het en hoe die
prysgelde bereken word. Hierdie dokumente is verkrygbaar by enige Kleinhandelaarsaak,
asook van die Speler Thusong, of kan skriftelik aangevra
word van die Nasionale Lotery.
Die Aanlyn-wengetalle word weekliks getrek en die Trekkings word lewendig
op SABC TV uitgesaai. Die wengetalle in die mees onlangse Trekkings word
gewoonlik vertoon of kan bekom word van die kantore van deelnemende
Kleinhandelaars en die Nasionale Lotery. Die wengetalle van die mees
onlangse Trekkings kan ook van alle Kleinhandelaarsake en kantore van die
Nasionale Lotery bekom word en kan ook deur die Speler Thusong te skakel
of aan die Nasionale Lotery te skryf.
Besonderhede van die wengetalle, totale kaartjieverkope, en die berekenings
van die waarde en aantal pryse in elke prysafdeling kan bekom word deur
die Speler Thusong te skakel, 'n besoek te bring aan die webruimte van die
Nasionale Lotery [http://www.national-lottery.co.za], of aan die Nasionale
Lotery te skryf. Hierdie inligting sal so gou as prakties moontlik na elke
Trekking beskikbaar gestel word, nadat die berekeninge gemaak en bevestig
is, en sal wyd in die media verkondig word.
Besonderhede van die wengetalle en die waarde van die pryse in elke afdeling
moet ook bekendgemaak word (slegs die van die mees onlangse Trekking)
in die vorm van 'n drukstuk wat by die Kleinhandelaars bekom kan word.
Spelers is volledig verantwoordelik vir die veiligheid van hulle kaartjies en
word aangeraai om die besonderhede op die keersy van die kaartjie
onmiddellik na aankoop in te vul en te onderteken.
Die toonder van 'n ongetekende wenkaartjie of die Speler wie se naam op
die keersy van die kaartjie verskyn word beskou as die regmatige wenner of
sy verteenwoordiger. Uthingo is geregtig daarop om na te gaan of die
8.0 VEILIGHEID VAN KAARTJIES EN
8.0 INSKRYWINGSVOORWAARDES

identiteit van die persoon wat 'n prys groter as R2 000 opeis met die naam
op die keersy van die kaartjie ooreenstem. Uthingo mag egter te eniger tyd
betaling weerhou onder omstandighede waar besonderhede van die eiser
in twyfel getrek word of geen identifikasiedokumente op versoek voorgel
kan word.
Uthingo sal gewoonlik nie 'n prys uitbetaal tensy 'n wenkaartjie voorgel
word nie. As 'n wenkaartjie egter gesteel is of verlore raak en die persoon
wat dit sou gekoop het Uthingo binne 30 dae na die betrokke Trekking
daarvan in kennis stel, voordat enige eise daarop gemaak is (maar nie later
nie), mag Uthingo op eie diskresie besluit om die geldigheid van die eis te
oorweeg en, weereens op eie diskresie, die prys 365 dae na die datum van
die Trekking uitbetaal.
Indien 'n wenkaartjie beskadig word, maar die kontrolesyfer of reeksnommer
daarvan nog leesbaar is of deur Uthingo herkonstrueer en geverifieer kan
word, sal die betrokke prys betaal word. Uthingo sal bes doen om 'n
beskadigde wenkaartjie te herkonstrueer. Sodat 'n herkonstruksie uitgevoer
kan word, moet die Speler Uthingo van soveel inligting as moontlik oor die
aankoop van die kaartjie voorsien.
Indien 'n wenkaartjie aan die lig kom nadat dit gesteel is of verlore geraak
het en die volledige besonderhede aan Uthingo gemeld is, sal Uthingo so
ver prakties of redelik moontlik met die betrokke owerhede saamwerk om
die bona fide eienaar van die kaartjie te bepaal.
Uthingo behou die reg voor om te eniger tyd die Polisie of enige ander
toepaslike owerhede te betrek by enige situasie met betrekking tot pryseise.
Let asseblief daarop dat belangrike inligting op die keersy van sowel Koepons
as kaartjies gedruk word. As gevolg van die beperkte ruimte word hierdie
inligting hoofsaaklik net in Engels gedruk. Kontak asseblief die die Nasionale
Lotery vir 'n mondelinge of skriftelike vertaling.
8.0 VEILIGHEID VAN KAARTJIES EN
8.0 INSKRYWINGSVOORWAARDES (vervolg)

9.0 OPEIS VAN PRYSE
Pryse sal volgens die onderstaande voorwaardes uitbetaal word aan eisers
in besit van geldige wenkaartjies:
 Alle pryse word in Rand slegs aan individue betaal ingevolge die
Spelrels
 Kontantpryse tot en met R500 is by alle Kleinhandelaars betaalbaar
ten tyde van die eis. Alle Kleinhandelaars kan volgens eie diskresie
pryse van tot R2 000 in kontant uitbetaal.
 Eise tussen R2 001 en R50 000 word slegs by 'n Gemagtigde
Prysbetalingsentrum (adresse beskikbaar by alle Kleinhandelaars of
via die Speler Thusong) uitbetaal, en eisers moet 'n Eisvorm voltooi
en bewys lewer van hul identiteit.
 Enige prys groter as R50 000 moet geis word deur 'n persoonlike
besoek te bring aan 'n Kantoor van die Nasionale Lotery en geskied
na voltooiing van die Eisvorm vir Pryse. Gerieflikheidshalwe kan u
die Speler Thusong skakel wat dan 'n afspraak sal rel met die
Streekskantoor van u keuse. Die adresse van die Kantore van die
Nasionale Lotery word aan die begin van hierdie Reglement verskaf.
 Geen prys sal willens en wetens uitbetaal word aan 'n persoon onder
die ouderdom van 18 (hetsy daar vir hulself of namens iemand anders
geis word), of aan 'n persoon wat aandui dat hy/sy 'n eis namens 'n
persoon onder die ouderdom van 18 indien nie.
 Geen pryse sal uitbetaal word aan persone wat ingevolge die Wet op
Loterye 1997, die regulasies van die Wet en die Spelrels nie aan die
Spele van die Nasionale Lotery mag deelneem nie.
 Uthingo behou die reg voor om enige eiser van enige prys te versoek
om 'n Eisvorm vir Pryse te voltooi en om die uitbetaling van 'n prys
uit te stel hangende verdere ondersoek indien daar rede is om die
eienaarskap of geldigheid van die kaartjie te bevraagteken.

9.0 OPEIS VAN PRYSE (vervolg)
 Eisers van pryse oor die kontantgrens (R2 000) wat nie oor 'n
bankrekening beskik nie sal bygestaan en aangemoedig word om 'n
bankrekening oop te maak vir die ontvangs van die prystjek.
 Eise kan ingedien word deur die oorspronklike wenkaartjie, saam met
die naam van die Eiser en besonderhede oor die Inskrywing, te pos
aan die Nasionale Lotery , Privaatsak X72 Auckland Park, 2006. Eisers
wat per pos eis word aangeraai om 'n afskrif van die wenkaartjie te
behou en van 'n veilige posdiens gebruik te maak. Alle poseise word
volledig op risiko van die eiser ingedien en posbewysstukke sal nie
aanvaar word as bewys van ontvangs deur Uthingo nie. Pryse kleiner
as R50 000 wat per pos geis is sal per tjek uitbetaal en aan die
sendersadres gestuur word. Wenners van groter pryse sal per pos
geadviseer word om by 'n Kantoor van die Nasionale Lotery besoek af
te l om hul pryse te ontvang.
 Uthingo behou die reg voor om eisers vir sekuriteitsdoeleindes af te
neem en eise om bedrae groter as R50 000 mag voor die uitbetaling
daarvan onderwerp word aan enige kontrolemaatrels soos goedgekeur
deur Uthingo.

10.0 BETALINGSPERIODE
 Alle geverifieerde pryse wat persoonlik geis word, word gewoonlik
op die dag van die eis betaal indien die Speler verkies om per tjek
betaal te word en indien die eis by die korrekte lokaal ingedien word
(Sien Afdeling 11 hieronder).
 Tjeks vir pryse wat per pos geis en geverifieer is as wenners, of uit
Posinskrywings spruit, sal binne 5 werksdae na die verifiring gepos
word tensy die prys groter is as R50 000, in welke geval daar van die
Speler vereis sal word om die prys persoonlik op te eis.

11.0 UITBETALINGSLOKALE, WAARDE EN GRENSE
Pryse kan by die volgende lokale opges word na gelang van die waardes
hieronder getoon:
UITBETALINGSLOKAAL PRYSWAARDE BETAALWYSE
Alle Kleinhandelaarsake Tot en met R500 Kontant
Alle Kleinhandelaarsake Tot en met R2 000 Kontant
(op diskresie van die Kleinhandelaar)
Nasionale Lotery Tot en met R2 000 Kontant
Gemagtigde Prysuitbetalingsentrums R2 001 tot R 50 000 Slegs tjeks
Kantore van die Nasionale Lotery Enige pryse Slegs tjeks
(sien adresse op voorblad)
Hoofkantoor van die Enige pryse Slegs tjeks
Nasionale Lotery
Om uit te vind waar u naaste Gemagtigde Prysuitbetalingsentrum en/of
Kantoor van die Nasionale Lotery is, kontak asseblief enige Kleinhandelaar,
skakel die Speler Thusong of skryf aan Die Nasionale Lotery.

12.0 EISPERIODE
Geen eise om pryse spruitende uit 'n Aanlyntrekking mag ingedien word
voordat verkope 'n aanvang neem op die oggend na die betrokke Trekking
nie, of nadat die eisperiode 365 dae na die betrokke Trekking ten einde
kom nie.
13.0 BETWISTE EISE
Spelers met kaartjies of eise wat om enige rede nie deur 'n Kleinhandelaar
geprosesseer kan word nie, moet hul kaartjies en eise by die Hoofkantoor
van die Nasionale Lotery indien vir ondersoekdoeleindes.
Die Prysuitbetalingsafdeling sal 'n brief van erkenning aan die Speler stuur
en die eis ondersoek. Indien daar na afloop van die ondersoek bevind
word dat die eis geldig is, sal 'n prystjek aan die Speler gepos word ter
uitbetaling van die eis.
Indien die eis ongeldig bevind word sal 'n verduidelikende brief met 'n
uiteensetting van die redes waarom die prys nie uitbetaal kan word nie aan
die Speler gestuur word.

Inligting oor enige onopgeiste pryse in 'n Trekking sal binne twee maande
na die betrokke Trekking vrygestel word.
Indien 'n individuele prys groter as R500 000 vir langer as ses maande na
die Trekking nie opgeis word nie, sal Uthingo besondere stappe neem om
die publiek daarvan in te lig. Inligting sal aan die media verstrek word,
maar geen besonderhede wat 'n Speler se wens om anoniem te bly in die
gedrang mag bring, sal verskaf word nie.
Meer intensiewe pogings om dit onder die aandag van die Spelers te bring
dat 'n Boerpot of 'n groot prys nog nie opgeis is nie mag onderneem word
in die weke onmiddellik voor die verstryking van die eisperiode van een
kalenderjaar. Weereens sal geen besonderhede verstrek word wat 'n
Deelnemer se wens om anoniem te bly in die gedrang mag bring nie.
14.0 ONOPGEISTE VOORAFINSKRYWINGS

15.0 STANDAARDE EN DIENSTE VAN KLEINHANDELAARS
Uthingo magtig geselekteerde Kleinhandelaars om kaartjies vir die Spele
van die Nasionale Lotery te verkoop deur middel van die ondertekening
van 'n Kleinhandelaarsooreenkoms waarvolgens daar van die Kleinhandelaar
verwag word om op te tree. Slegs na voltooiing van die toepaslike opleiding
mag 'n Kleinhandelaar of sy personeel kaartjies verkoop, verifieer of pryse
uitbetaal.
Daar word van Kleinhandelaars vereis om die volgende inligting gratis aan
Spelers te verskaf:
Moet vertoon word of beskikbaar wees vir bestudering:
 Spelrels van die Nasionale Lotery
 Besonderhede van alle Speletjies van die Nasionale Lotery wat by daardie
saak beskikbaar is.
 Uitslagbord waarop die wengetalle en prysbedrae van die mees onlangse
Lotto Trekking aangedui word.
Op versoek beskikbaar om saam te neem:
 'n Inligtingsbrosjure vir elk van die Speletjies.
 Koepons
 Drukstuk van uitslae en prysbedrae van die mees onlangse Lotto
Trekking.
Hierdie Reglement, die Spelrels vir elke spel en bepaalde verdere inliging
is beskikbaar in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Sotho. Sou 'n Kleinhandelaar
nie oor 'n afskrif van hierdie dokumente in een van hierdie tale beskik nie,
kontak asseblief die Nasionale Lotery wat met graagte 'n afskrif aan u sal
pos.


16.0 TELEFONIESE NAVRAE
Die Speler Thusong (0800 40 30 40 Tolvry) is 'n hulplyn wat Spelers se
navrae, versoeke en klagtes behartig. Personeel beman die diens tussen die
onderstaande tye:
Maandae tot Sondae 0600 tot 2200
Die Speler Thusong kan by dieselfde nommer bereik word vanaf enige
telefoon in Suid-Afrika om navrae van Spelers te behartig. Oproepe is gratis,
behalwe vir oproepe van selfone af in welke geval gewone selfoontariewe
geld.
Die Speler Thusong word beman deur verteenwoordigers wat toepaslike
opleiding ontvang het en vertroud is met die Nasionale Lotery en sy
bedrywighede en al die amptelike tale vlot besig. Dit behoort te dien as
eerste kontakpunt vir wenners van groot pryse. Bepaalde inligting soos die
uitslae van Trekkings mag moontlik deur 'n inligtingstelsel wat van 'n
bandopname gebruik maak, verstrek word.
Die Nasionale Raad op Loterye sal die prestasie van die Speler Thusong
evalueer om te verseker dat 'n doeltreffende en hoflike diens gebied word
en te verseker dat alle oproepe te alle tye spoedig beantwoord word.
In die belang van die sekuriteit van die Nasionale Lotery, mag
telefoongesprekke tussen die operateurs van die Speler Thusong en die
Deelnemende Publiek moontlik opgeneem word.

17.0 NAVRAE PER POS EN/OF E-POS
Die Deelnemende Publiek word aangemoedig om enige kommentaar, klagtes
of versoeke om inligting oor enige aspek van die Nasionale Lotery te rig
aan:
Nasionale Lotery,
Privaatsak X72
Auckland Park, 2006.
Alle posnavrae wat deur Uthingo ontvang word, sal beantwoord word met
'n erkenning van ontvangs of 'n meer volledige antwoord of beide soos
vereis deur die situasie en Uthingo sal te alle tye daarna streef om 'n vinnige,
doeltreffende, effektiewe en hoflike diens daar te stel.
Die Deelnemende Publiek kan ook die Nasionale Lotery per e-pos kontak
via die webblad wat te vinde is by:
[http://www.national-lottery.co.za]
Persone met gesigsgestremdhede, en ander persone met soortgelyke spesiale
behoeftes, kan die Speler Thusong kontak, hetsy telefonies of skriftelik,
waar hulle navrae op 'n individuele grondslag hanteer sal word.
In sy skakeling met die algemene publiek, gebruik Uthingo 'n stel aanvaarde
prestasienorme, insluitende doelwitte vir die tempo waarteen
telefoonoproepe en briewe beantwoord en pryse uitbetaal word. Uthingo
word deur die Nasionale Raad op Loterye gemonitor in hierdie verband en
die bevindinge word in Uthingo se Jaarverslag gepubliseer.

18.0 VERTROULIKHEID VAN WENNERS
Uthingo sal nie die identiteit van enige pryswenner bekend maak nie, tensy
die implikasies van publisiteit aan die pryswenner verduidelik is en die
pryswenner ingestem het tot publisiteit deur die ondertekenig van 'n
Toestemmingsvorm in die teenwoordigheid van 'n getuie. Uthingo sal daarna
streef om die waardigheid van wenners wat ingestem het tot publisiteit te
handhaaf. Geen persoonlike inligting oor 'n wenner sal vrygestel word sonder
hierdie formele toestemming nie en wenners behou die reg om hierdie
toestemming te eniger tyd terug te trek. Kleinhandelaars word ook opdrag
gegee om nie die identiteit van persone te onthul van wie hulle vermoed of
weet dat hulle groot pryse gewen het nie.
Waar, in 'n poging om die houer van 'n kaartjie vir 'n onopgeiste prys op te
spoor, Uthingo inligting bekend maak oor die area waarin die kaartjie gekoop
is, sal alle redelike stappe geneem word om te verhoed dat die wenner se
gevolglike reg tot anonimiteit in die gedrang kom.

19.0 DIENSTE AAN WENNERS VAN GROOT PRYSE
'n Span hoogs opgeleide en ervare Wennersadviseurs is in die diens van
Uthingo om na wenners om te sien en hulle van bystand en ondersteuning
te voorsien van die oomblik dat die eis ingedien word. Die Adviseur
verduidelik die voor- en nadele van toestemming tot publisiteit aan die
wenner en voorsien besonderhede van die bykomende ondersteunings-dienste
wat deur Uthingo verskaf word.
Alle wenners van pryse van R50 000 en meer word gratis voorsien van
basiese, geskrewe advies oor 'n spektrum relevante finansile sake en regsake.
Wenners van pryse tussen R500 000 en R1 000 000 sal een konsultasie, op
Uthingo se onkoste, met 'n rekenmeester aangebied word.
'n Paneel bestaande uit 'n prokureur en 'n rekenmeester sal beskikbaar gestel
word vir konsultasie aan individue wat meer as R1 000 000 wen. Hul advies
sal nie die produkte van enige spesifieke maatskappy of enige spesifieke
soort produk aanbeveel nie. Sou Uthingo van mening wees dat bykomende
Adviseurs tot die voordeel van 'n Speler sou strek, dan sal sodanige Adviseurs
ook gratis aangebied word.
Die pryswaardes en dienste hierbo uiteengesit is slegs riglyne wat Uthingo
met die nodige aanpasbaarheid sal toepas na gelang van behoeftes. Sou 'n
Speler 'n kleiner prys wen as wat hierbo genoem is, maar Uthingo van
mening is dat die prys waarskynlik 'n beduidende invloed op die Speler se
leefstyl sal h, dan sal sommige van of al die dienste hierbo genoem gratis
aangebied word. Hierdie besluit sal volledig op Uthingo se eie diskresie
gemaak word.
Uthingo bied ook aan om oor 'n langer periode kontak te behou met
wenners van groot pryse. Hierdie kontak is informeel van aard en is daarop
gerig om advies en ondersteuning te bied ten opsigte van enige sake wat
verband hou met die wen van die prys.

20.0 KLAGTEPROSEDURE
Enige ontevredenheid van Spelers met betrekking tot die Nasionale Lotery,
hetsy verbaal of skriftelik uitgespreek, sal as 'n klag geklassifiseer word en
as sodanig op rekord geplaas word.
Kleinhandelaars word opgelei om navrae en klagtes te behartig. Indien die
Kleinhandelaar egter nie die klag kan afhandel nie, moet die Speler die
Nasionale Lotery telefonies of skriftelik kontak.
Indien die verteenwoordigers van die Speler Thusong nie die saak kan
oplos nie, is daar 'n gestruktureerde stelsel waardeur klagtes op
opeenvolgende vlakke opgeneem kan word, indien nodig, selfs op die
hoogste vlak binne Uthingo. Uiteindelik, indien die saak nog steeds nie
opgelos is nie, kan die klaer die Nasionale Raad op Loterye kontak wie se
statutre plig dit is om die belange van Spelers te beskerm.
Die Nasionale Raad op Loterye sal die feite onafhanklik hersien en nagaan
of Uthingo die verpligtinge van sy Lisensie, die betrokke Spelrels, en in
hierdie Deelnemersreglement nagekom het. Indien Uthingo in gebreke
gebly het ten opsigte van enige bepalings, sal Uthingo versoek word om die
nodige regstellende stappe te neem. Die Nasionale Raad op Loterye kan
skriftelik gekontak word by:
Nasionale Raad op Loterye,
Posbus 1556
Brooklyn Square,
Pretoria 0075
of telefonies by (012) 362 0306.

21.0 PERSONE ONDER 18 EN ANDER VERBODE SPELERS
Persone onder die ouderdom van 18 jaar word volgens wet verbied om
kaartjies vir die Nasionale Lotery te koop of pryse op te eis, hetsy in hul
persoonlike hoedanigheid of namens iemand anders. Hierdie inligting word
duidelik aangetoon by alle Kleinhandelaarsake en word aangedui in alle
dokumentasie van die Nasionale Lotery.
Enige Kleinhandelaarsaak wat kaartjies verkoop of pryse uitbetaal aan
persone onder die ouderdom van 18 jaar mag in die toekoms verbied word
om kaartjies vir die Nasionale Lotery te verkoop en mag strafregtelike
prosedures in die gesig staar.
Daarbenewens, ingevolge bepalings van die Wet, word alle werknemers van
Uthingo en die Nasionale Raad op Loterye verbied om kaartjies te koop of
pryse op te eis, hetsy in hul persoonlike hoedanigheid of namens ander
persone.
22.0 BERADINGSDIENSTE
Uthingo besef dat bepaalde individue 'n kompulsiewe behoefte mag ervaar
om aan die Nasionale Lotery en verwante speletjies deel te neem. Om sulke
Spelers te beskerm, word Kleinhandelaars aangemoedig om op die uitkyk
te wees vir kompulsiewe of verslawende gedrag onder Spelers. Sou 'n
Kleinhandelaar van mening wees dat 'n Speler 'n buitensporige aantal
kaartjies koop, word daar van hulle verwag om die Speler te voorsien van
die nodige inligting oor beradingsdienste wat plaaslik beskikbaar is en om
geen verdere kaartjies aan die Speler te verkoop nie. Hierdie inligting is ook
op versoek van enige Speler verkrygbaar van Uthingo.

